Misteriegodsdiens

’n Waterkruik deur die Varrese-skilder (c. 340 v.C.) wat Eleusiniese tonele uitbeeld.

’n Misteriegodsdiens of heilige misterie was ’n godsdiensskool van die Grieks-Romeinse wêreld waar aanhangers ingewy is en as mystai bekend was.[1] Die belangrikste eienskap van dié godsdienste was die geheimhouding van besonderhede oor die inwyding en rituele, wat nie aan buitestander uitgelap is nie. Die bekendste misteriegodsdiens van die Grieks-Romeinse oudheid was die Eleusiniese misterieë, wat voor die Griekse Donker Middeleeue al bestaan het.

Misterieskole het in die laat oudheid floreer; keiser Julianus van die middel 4de eeu was ’n ingewyde van drie verskillende misterieskole, onder meer die Mithraïste. Vanweë die geheime aard van die skole en die feit dat aanhangers van misteriegodsdienste van die 4de eeu af deur die Christelike Romeinse Ryk vervolg is, is besonderhede van dié godsdienspraktyke afgelei van beskrywings, beelde en transkulturele studies. "Weens hierdie element van geheimhouding is ons swak ingelig oor die geloofsoortuigings en praktyke van die verskeie misteriegelowe. Ons weet hulle het in die algemeen ooreengestem."[2]:50f

  1. Crystal, David, ed. (1995), "Mystery Religions", Cambridge Encyclopedia of The English Language, Cambridge: Cambridge UP, archived from the original on 10 Mei 2007, http://encyclopedia.jrank.org/Cambridge/entries/059/mystery-religions.html, besoek op 29 Oktober 2018 .
  2. Verwysingfout: Invalid <ref> tag; no text was provided for refs named Barnes

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search